Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Nomineer só iemand om ’n gehoorapparaat te ontvang

Nuus
12 Oktober 2016
Daar is niemand vir wie ons meer omgee as ons kykers nie. Daarom gee ons graag terug met die hulp van die Oorinstituut.
Binnelanders Oorinstituut

FOTO: Verskaf

Daar is niemand vir wie ons meer omgee as ons kykers nie. Daarom gee ons graag terug met die hulp van die Oorinstituut. Ons gee elke maand Phonak-gehoorapparate ter waarde van R30 000 weg aan ’n persoon wat aan gehoorverlies ly.

As jy iemand ken wat hardhorend is en hierdie geskenk verdien, kyk eenvoudig Binnelanders elke weeksdag en beantwoord die volgende vraag om iemand te nomineer (lees ook die bepalings en voorwaardes hier onder):

Indien die persoon wat genomineer word om die gehoorapparaat te ontvang oor ’n mediese fonds beskik, kwalifiseer hy/sy nie vir die skenking nie.

Kykers mag slegs een keer vir ’n persoon ’n motivering instuur.

NOMINASIES VIR OKTOBER HET REEDS GESLUIT. JOHANNES TRUTER, GENOMINEER DEUR DENISE TRUTER, HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

NOMINASIES VIR NOVEMBER HET REEDS GESLUIT EN DIE PERSOON WAT ’N GEHOORAPPARAAT GAAN ONTVANG SAL BINNEKORT BEKENDGEMAAK WORD. ANTOENETHA CILLIERS HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

NOMINASIES VIR DESEMBER HET REEDS GESLUIT EN DIE PERSOON WAT ’N GEHOORAPPARAAT GAAN ONTVANG SAL BINNEKORT BEKENDGEMAAK WORD. ANDREA PIETERS HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

NOMINASIES VIR JANUARIE HET REEDS GESLUIT EN DIE PERSOON WAT ’N GEHOORAPPARAAT GAAN ONTVANG SAL BINNEKORT BEKENDGEMAAK WORD. JEANDRE VAN DER WALT HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

NOMINASIES VIR FEBRUARIE HET REEDS GESLUIT EN DIE PERSOON WAT ’N GEHOORAPPARAAT GAAN ONTVANG SAL BINNEKORT BEKENDGEMAAK WORD. ANNE-MARIE BEUKES HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

NOMINASIES VIR MAART HET REEDS GESLUIT EN DIE PERSOON WAT ’N GEHOORAPPARAAT GAAN ONTVANG SAL BINNEKORT BEKENDGEMAAK WORD. ANIKA BOSHOFF HET ’N GEHOORAPPARAAT ONTVANG.

Bepalings en voorwaardes:

– Kykers kan persone wat aan gehoorverlies ly en wat hulle voel die gehoorapparaat verdien van 1 Maart 2017 om 12:00 tot 31 Maart om 12:00 nomineer.
– Elke maand sal die “Foundation for Children with Hearing Loss SA” een persoon wat aan gehoorverlies ly kies wat Phonak-gehoorapparate tot en met die waarde van R30 000, geborg deur die Oorinstituut, ontvang.
– Die persoon wat die gehoorapparaat gaan ontvang, sal maandeliks op kykNET se webwerf aangekondig word.
– kykNET behou die reg om die nominasieproses op kort kennisgewing te kanselleer.
– Indien die nominasieproses gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir enige moeite of kostes wat die nomineerders aangegaan het nie.
– Die nominasieproses voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Dieselfde persoon kan net een keer gekies word om die gehoorapparaat te ontvang.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Verbruikersbeskermingswet moet alle persone wat gekies word hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die gehoorapparate is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Deur iemand te nomineer om die gehoorapparate te ontvang, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Diegene wat die gehoorapparate ontvang, gee toestemming om op sosiale en ander media te verskyn sonder finansiële vergoeding.
– Indien die persoon wat genomineer word om die gehoorapparaat te ontvang oor ’n mediese fonds beskik, kwalifiseer hy/sy nie vir die skenking nie.
– Die waarde van die gehoorapparate is tot en met R30 000,00.
– Aanvanklike gehoortoetse, diagnose en passing van die apparate is ingesluit.
– kykNET, die Oorinstituut en die “Foundation for Children with Hearing Loss SA” is onderhewig aan die vereistes en hanteer alle pasiënte se data as vertroulik soos voorgeskryf deur die wet (Protection of personal information Act, No 4 of 2013).
– Die Oorinstituut verskaf maksimum twee Phonak-gehoorapparate per maand plus ’n gehoortoets en fasiliteer die passing van die apparaat/apparate per kliënt.

Lees ook Multichoice se bepalings en voorwaardes.