Twee gelukkige paartjies kan ’n troue, fotosessie en horlosies ter waarde van R173 000 wen!
Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om Ons Sprokiesbruilof op Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144) te kyk en een eenvoudige vraag te beantwoord.
Vul die vorm hier onder in en onthou om die bepalings en voorwaardes te lees.
Jy kan ’n troue, fotosessie en horlosies ter waarde van R173 000 losslaan!
HIERDIE KOMPETISIE HET REEDS GESLUIT.
Baie geluk aan die wenners, Elisia Teixeira en Magriet Smit!
Alle foto’s wat in die artikel gebruik word is aan kykNET verskaf.
Inskrywingstydperk:
Die kompetisie begin op 9 Februarie 2017 om 20:30 en eindig op 30 Junie 2017 om 20:30.
Inskrywingsmetode:
Om ’n kans te staan, kyk Ons Sprokiesbruilof op Donderdae om 20:30 op kykNET en beantwoord die maklike vraag.
Prys:
’n Troue, fotosessie en horlosies ter waarde van R173 000.
1. ’n Volledige troue by Heavensgate, wat die volgende insluit:
Dekor
Stoele en tafels
Glase en messe en vurke
Kelners en kroegman
Sjef en spyseniering
Alkoholiese en nie-alkoholiese drankies
Sjerrie (verwelkomingsdrankies)
Wit duiwe
DJ en klank
Meer oor Heavensgate:
Heavensgate in Boksburg, Gauteng, is die tuiste van ál agt swaan-spesies van regoor die wêreld.
Ons is lief vir wat ons doen en wil daarom graag twee paartjies se troudrome bewaarheid.
Styl en natuur word een by Heavensgate. Die onthaalarea verleen ’n panoramiese uitsig op die Blesbokrivier, wat deur groot Wilgerbome omring word.
Met jare se ondervinding, top-verskaffers, ’n eksklusiewe spyskaart-opsie, beligting, dekor en klank van topgehalte, sal ons seker maak jul troudag is ’n dag om vir ewig te onthou.
Dís ’n ware sprokiesbruilof!
2. ’n Professionele troufotosessie, wat die volgende insluit:
2 x professionele fotograwe (agt ure se foto’s sal geneem word)
300 professioneel geredigeerde foto’s
HD slideshow
USB branded flash drive
3. SO & CO-horlosies ter waarde van R4000 elk.
Wie kwalifiseer om deel te neem:
Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.
Ander reëls:
– Die wenners sal op kykNET se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Die fotosessie is slegs geldig vir ’n troue wat by Heavensgate gehou word.
Bepalings en voorwaardes vir deelname:
1. Hierdie is die standaardbepalings en -voorwaardes vir kompetisies aangebied of ondersteun deur of in samewerking met die MultiChoice Suid-Afrika Groep (“MultiChoice”).
2. Jou inskrywing vir hierdie kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (indien jy een sou wen) beteken ’n bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van dié kompetisie sowel deur jouself as deur enige persoon met wie jy ’n prys deel (indien jy ’n prys sou wen vir jou en een of meer addisionele persone – “jou metgesel”).
3. Die kompetisie is nie oop vir
3.1. direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van die Naspers Groep of maatskappye of enige verskaffer van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie nie; en ook nie vir
3.2. die eggenoot, lewensmaat, sakevennoot of medewerker, of die natuurlike of aanneemouer, kind, of broer of suster, van enige van die persone soos in 3.1. hierbo gespesifiseer nie.
4. Deelnemers onder die ouderdom van 18 moet die toestemming van hul ouers of voogde kry voor hulle mag inskryf vir die kompetisie.
5. Tensy die kompetisiereëls dit uitdruklik toelaat, mag jy slegs een keer voor die sluitingsdatum vir die kompetisie inskryf. Jy mag ook nie inskryf of ’n kompetisie wen indien jy gedurende die afgelope drie (3) maande ’n kompetisie gewen het wat deur of in samewerking met ons aangebied is nie. Jy kan eers weer aan ’n kompetisie wat deur of in samewerking met ons aangebied is, deelneem drie (3) maande ná die datum waarop jy die vorige kompetisie gewen het.
6. Indien jy ’n selfoon gebruik om vir die kompetisie in te skryf, sal jy verantwoordelik wees vir die koste van die telefoonoproepe of SMS’e teen die geldende tariewe, wat mag wissel van tyd tot tyd. Gratis minute onder ’n selfoonkontrak sal nie geld vir die oproepe of SMS’e waarmee jy vir die kompetisie inskryf nie.
7. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou inskrywing deur ons ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie. Enige inskrywings wat nie ontvang word voor die sluitingsdatum van die kompetisie nie sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. Ons en ons geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat ons nie ontvang het nie, ongeag of dit betyds of laat ingestuur is, en ongeag die rede waarom ons dit nie ontvang het nie. Sonder beperking of uitsondering, is ons en ons geaffilieerde maatskappye nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese foute of wanfunksionering van enige telefoonnetwerke of -lyne, aanlyn rekenaarstelsels, internetdiensverskaffers, rekenaarhardeware of -sagteware, verkeersknope (hetsy of dit fisies of op die internet of met telefoonverbindings of enige ander diensverskaffer, webwerf of ander toestel of medium is), of enige kombinasie hiervan, of enige ander tegniese of ander probleme nie.
8. Ons en ons geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige besering of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat deur jou gebruik is om vir die kompetisie in te skryf of om enige materiaal vir die kompetisie te bekom nie.
9. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligiting wat jy aan ons verskaf, korrek, volledig en op datum is.
10. Enige kostes of uitgawes wat nie betrekking het op artikels of dienste wat spesifiek by die prys ingesluit is nie, is vir jou eie rekening. MultiChoice is nie verantwoordelik vir enige kostes of uitgawes wat jy, of jou metgesel (indien van toepassing), aangaan gedurende of vir doeleindes van jou inskrywing in hierdie kompetisie of vir jou aanvaarding en/of gebruik van die prys nie.
11. Ons maak geen voorstellings en verskaf ook geen waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, ten opsigte van die prys nie, en in die besonder maar sonder enige beperkings, maak ons geen voorstellings en verskaf ons geen waarborg dat –
11.1. jou inskrywing vir of deelname aan die kompetisie noodwendig daartoe sal lei dat jy ’n prys wen nie;
11.2. ’n prys, of enige aspek daarvan, sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou metgesel se, behoeftes, voorkeure, standaarde of verwagtinge nie; of
11.3. ’n prys, of enige aspek daarvan, bevredigend, stiptelik, sonder defek, veilig of betroubaar sal wees nie.
12. Ons en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element of aspek van ’n prys of enige veranderinge aan ’n prys wat te enige tyd gemaak mag word nie.
13. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag ook nie uitgestel, verander or verruil word vir kontant of enige ander artikel nie.
14. Jy mag nie ’n prys wen indien dit onwettig vir ons is om sodanige prys aan jou te verskaf nie. Indien jy wel so ’n prys wen, sal jy dit verbeur.
15. Jy moet oor die nodige dokumente en toestemmings beskik wat vereis kan word vir jou om ’n prys te aanvaar en te gebruik. Dit sluit in, wat internasionale reise betref, ’n geldige paspoort en all die nodige visums en reisdokumentasie. Om hierdie dokumente en nodige toestemmings te verkry is jou verantwoordelikheid en vir jou eie rekening. Dit is ook jou verantwoordelikheid om te sorg dat hierdie dokumente en toestemmings geldig is in die minimum vorm en vir die minimum periode na die prysontvangsdatum soos wat deur die relevante owerhede vereis mag word.
16. Die wenners sal in kennis gestel word deur gebruik te maak van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons, of ’n derdeparty-verskaffer, nie die wenner kan kontak binne 10 werksdae nie of as die wenner nie in staat is om die prys binne 60 dae in ontvangs te neem nie, sal die wenner die prys verbeur en behou MultiChoice die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde geldende bepalings en voorwaardes te laat trek.
17. Ons mag jou uitnooi om teenwoordig te wees wanneer die pryswenners bepaal of aangekondig word, om deel te neem aan van ons bemarkingsaktiwiteite, om in persoon in die elektroniese en/of drukmedia te verskyn, en/of om van ons produkte of dienste te onderskryf, te bemark of te adverteer sonder om enige fooi, tantième of ander vorm van vergoeding daarvoor te ontvang. Jy mag so ’n uitnodiging of versoek van die hand wys.
18. Ons mag vereis dat jy bykomstige inligting en dokumentasie aan ons verskaf, wat ons redelikerwys mag benodig om jou aanvaarding van en/of gebruik van die prys te verwerk, bevestig en moontlik te maak. Indien jy weier of versuim om die inligting of dokumentasie wat ons aanvra te verskaf, sal jy die prys verbeur.
19. Indien jy ’n prys wen wat deur ’n derdeparty-verskaffer beskikbaar gestel word, sal die verskaffer jou kontak om die afhaal van die prys te reël. In hierdie geval is jy verplig om die prys in ontvangs te neem op die dag en datum wat met die verskaffer ooreengekom is. Alle korrespondensie rakende hierdie prys moet gerig word aan die verskaffer van die prys. MultiChoice sal nie verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige verdere korrespondensie, besering, skade, verlies of eis met betrekking tot die verskaffing van enige element of aspek van die prys nie.
20. Ons en/of ons derdeparty-verskaffers behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer sonder kennisgewing en op enige tydstip, vir enige rede wat ons nodig vind. In die geval van so ’n wysiging, uitstelling, opskorting of kansellasie, stem jy in om af te sien van enige regte, belange en verwagtinge wat jy in terme van hierdie kompetisie mag hê en erken jy dat jy geen eisgrond teen ons, ons geaffilieerde maatskappye en derdeparty-verskaffers het nie.
21. Jy bevestig deur in te skryf dat jou deelname aan die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
22. Ons en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees nie, en ontken alle aanspreeklikheid vir enige verlies, las, besering, uitgawe of skade (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely of veroorsaak word as gevolg van jou deelname aan die kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou, of jou metgesel (indien van toepassing), van enige prys, of as gevolg van enige aksie onderneem deur ons of enige van ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes nie.
23. Jy, en in die geval van jou sterfte, jou familie, afhanklikes, erfgename, gemagtigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, vrywaar en stel ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos teen enige eis deur jou, of jou metgesel (indien van toepassing), (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik, of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, betreffende enige verlies, las, besering, uitgawe of skade wat gely of veroorsaak word as gevolg van jou deelname aan die kompetisie en/of jou aanvaarding en/of jou gebruik van ’n prys.
24. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van ’n prys onderworpe is aan die voorbehoudsbepaling dat –
24.1 al die bepalings en voorwaardes sal geld vir jou en jou metgesel (indien van toepassing), en jy sal verseker dat jou metgesel instem om gebind te word daardeur en voortdurend te voldoen aan hierdie bepalings en voorwaardes;
24.2 jy volle verantwoordelikheid vir jou metgesel sal aanvaar;
24.3 jy ons vrywaar en ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos stel teen enige eis deur jou metgesel of enige derde party indien jou metgesel enige verlies of skade ly as gevolg van jou metgesel se aanvaarding en/of gebruik van ’n prys;
24.4 enige minderjarige vergesel sal word deur ’n ouer of wettige voog.
25. Sou jy versuim of, sou jou metgesel (indien van toepassing) versuim, om te voldoen aan enige van hierdie bepalings en voorwaardes, sal jy, sonder vooroordeel ten opsigte van enige ander stappe wat ons mag neem, –
25.1 outomaties gediskwalifiseer word en sal jy die prys(e) verbeur (indien jy reeds ’n prys/pryse gewen het);
25.2 sal jy ons betaal vir enige verlies of skade gely deur ons, direk of indirek as gevolg van jou (of, indien van toepassing, jou metgesel se) nie-nakoming, insluitend al ons regskoste (wat prokureursfooie en eie kliëntkostes insluit) wat ons mag aangaan deur stappe te neem op grond van of as gevolg van jou (of jou metgesel se) nie-nakoming van hierdie bepalings en voorwaardes; en
25.3 jy vrywaar en stel ons en ons geaffilieerde maatskappye skadeloos teen enige eis deur enige persoon (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, betreffende enige sterfte, besering, verlies en/of skade wat gely mag word as gevolg van jou versuim (of dié van jou metgesel, indien van toepassing) om te voldoen aan hierdie bepalings en voorwaardes.
26. Vir doeleindes van hierdie dokument, beteken “geaffilieerde maatskappye” ons vennote, medepromotors en borge van hierdie kompetisie, ons filiale, ons en hulle filiale en hul onderskeie beherende maatskappye, en ons en hulle direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers.
27. Hierdie bepalings en voorwaardes sal gekonstrueer, vertolk en afgedwing word in ooreenstemming met die kontraktereg en wetlike geskilbeslegtingsprosedures van die Republiek van Suid-Afrika.
28. MultiChoice en die beoordelaars se besluit oor enige aangeleentheid rakende hierdie kompetisie en/of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes is finaal en bindend vir jou, en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).
Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.