Logo

Boer Soek ’n Vrou: Minki groet [vir eers]

Nuus
13 Januarie 2017
Hoe neem Minki afskeid? Ons het met haar agter die skerms gesels oor haar ervaring tydens die negende seisoen van Boer Soek ’n Vrou, en haar vir oulaas van nader leer ken.

Tydens die negende seisoen van Boer Soek ’n Vrou het aanbieder Minki Joubert diep in kykers se harte gekruip toe sy die land deurkruis het om die boere te volg in hulle soeke na liefde. Ons het vir oulaas met haar agter die skerms gesels oor haar ervaring tydens dié seisoen.

Minki vertel dat die seisoen vir haar ’n persoonlike leerkurwe was. Sy sê verder dat sy baie geleer het, nie net van haarself nie, maar ook “as mens en as aanbieder”.

“Ek is gedruk om die beste te wees wat ek kan wees, en dit is regtig te danke aan Elmarie en Stephanus wat die regie en vervaardiging doen – ek weet ek sonder hulle uit, maar die hele span was absoluut fantasties.






Oor die boere sê Minki dat sy net wéér herinner was van haar liefde vir die karoo en die hele Suid-Afrika. “Om net weer die boere-gemeenskap te kon beleef en te aanskou watse sout-van-die-aarde-mense dit is, het my net weer herinner dat dit regtig ’n ongelooflike kultuur is.”

Minki meen dat Suid-Afrika haar tydens die verfilming van Boer Soek ’n Vrou met ope arms terug verwelkom het. “Dit is regtig so ongelooflik gewees om op die land se stofpaaie te kon ry en die land se skoonheid te kon aanskou nadat ek vir só lank oorsee gebly het,” sê sy. “Vir my was dit ’n ongelooflike manier van Suid-Afrika om vir my te sê ‘welkom terug’”.

Ons het teruggeblik op twee gebeure wat tydens die negende seisoen van Boer Soek ’n Vrou kykers laat gons het – kyk hier. Daar was ook heelwat oomblikke op die kassie wat ons tydens dié seisoen laat skaterlag het. Hier is ons tien gunstelinge.







Ons het Minki verras met ’n paar blitsvrae:

Is jy ’n oggend- of ’n aand-persoon?
Ek dink ek is ’n kombinasie van die twee. Ek was nooit ’n oggend-persoon nie, maar ek dink ek kan wees. Deesdae met die kinders is ek baie vervelig in die aand. Ek wil net in die bed gaan klim, want ek moet vroeg op wees in die oggend. Daarom dink ek my kinders het my geleer hoe om ’n oggend-persoon te wees

Is jy ’n ekstrovert of ’n introvert?
Ek is defnitief ’n ekstrovert. Ek is lief vir mense en ek is baie nuuskierig, so ek hou daarvan om meer uit te vind van mense.

Verkies jy die stad of die platteland?
Dis baie moeilik! Ek is baie lief vir die platteland want ek het meeste van my kinderjare daar spandeer, maar nou werk ek in die stad, so ek sal sê die stad.

Is jy ’n optimis of ’n pesimis?
Ek is ’n optimis – verseker. Ek probeer regtig om altyd die beste en die positiewe uit ’n situasie te kry of te vat of te leer.

Minki sprei haar vlerke op kykNET en sal vanaf hierdie maand ook ’n veldaanbieder vir die gewilde joernaalprogram Kwêla wees. Sy sal egter steeds Suid-Afrika se boere help om liefde te vind. Lees meer hier.






Boer Soek ’n Vrou-herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.