Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Skryf in: Die Glam Guru wil jóú mooimaak

Nuus
10 November 2016
Hannon Bothma en sy Glam Guru-span is op soek na kykers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET.
Glam Guru Call to Enter

Hannon Bothma en sy Glam Guru-span is op soek na kykers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET.

Glam Guru is ’n TV-leefstylprogram wat mooimaak sonder dokters en messe, en wat gewone mense die kans gee om ’n fantastiese nuwe voorkoms te kry.

Hannon is bekend as ’n man van skoonheid en styl en is al ’n super-stilis en die “man van wonderwerke” genoem.

Nou kry jy die kans om dalk een van die gelukkiges te wees! Jy kan self inskryf of iemand benoem.

Wat moet jy doen?


1. Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam, van, adres en telefoonnommer.

2. Heg ’n vollengte-foto sowel as ’n gesigfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as ’n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal.

3. Gebruik jou naam en ‘Glam Guru-inskrywing’ in die onderwerpsveld.

4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud met Hannon in Johannesburg.

5. Die eerste onderhoude begin reeds in November, so skryf so spoedig moontlik in!

 

Die fynskrif


• Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.

• Inskrywings is alreeds oop en jy het kans om in te skryf tot 15 Desember 2016.