Logo
Leef jou reis host
web uni tv guide

Leef Jou Reis

144ReisprogramPG

Wen 'n droom vakansie!

Sewe pryse. Sewe wenners. Staan 'n kans om een van sewe vakansies te wen in die Leef Jou Reis kykers-kompetisie. Al wat jy moet doen is om een vraag korrek te beantwoord.

Travel

Wen 'n vakansie met Leef Jou Reis

Wen die vakansie van jou lewe met die grootste Leef jou reis-kykerskompetisie nog. Kyk net watter ongelooflike pryse op die spel is.

 

  • Reunion-eiland, die juweel van die Indiese Oseaan, wag op jou en ’n metgesel. Komplimentêre vlugte van Air Austral en 6 nagte se luukse verblyf, ’n huurmotor en aktiwiteite is alles ingesluit, en jy gaan die tyd van jou lewe hê. Waarde: R150 000.

 

  • Daar wag ’n heerlike bootvaart op die kanale van Frankryk vir jou wanneer jy die kaptein van jou eie huisboot word – danksy ons ou vriende Le Boat. Kan jy jou ’n meer romantiese vakansie indink? Waarde: R30 000

 

  • Iemand gaan die gelukkige wenner wees van ’n onvergeetlkike treinrit na Durban op een van die wêreld se luuksste treine: Rovos Rail – ’n vyfsterhotel op wiele. En die wenner kan ’n metgesel saambring. Waarde: R101 000

 

  • Mosselbaai Toerisme in samewerking met Mosselbaai Munisipaliteit nooi ’n gelukkige kyker en metgesel vir ’n luilekker langnaweek na Mosselbaai. Alles van vlugte tot akkommodasie, heerlike etes en ’n magdom aktiwiteite is ingesluit. Waarde: R40 000

 

  • Destinations by Frasers gee ’n stel topklas-Delsey-tasse weg sodat jy soos ’n ware Leef jou reis-genoot die wêreld in styl kan verken. Waarde: R18 900

 

  • Om seker te maak jy is oral betyds, gee Victorinox vir jou ’n klassieke weermaggeïnspireere horlosie – die I.N.O.X Carbon-model wat wys jy’s reg vir reis en reg vir enige besigheid. Waarde: R21 495

 

  • Liqui Moly, een van die mees gerekende name in olie, is sinoniem met motorsport, en dié topmaatskappy gaan ’n dolgelukkige wenner die kans gee om in ’n Ferarri op ’n renbaan rond te jaag. Die prys sluit ook ’n groot bederf en geskenkpak in. Waarde: R40 000.

 

SKRYF IN:

Beantwoord die vraag korrek en jy staan 'n kans om 'n gelukkige wenner van een van sewe pryse te wees. (Jy kan elke dag een keer inskryf)