Logo
web uni tv guide

Prontuit

144AktueelPG13

Só lyk kykNET se laataand-aktuele programme in April

Nuus
24 Maart 2016
Enkele veranderings sal in April 2016 aan kykNET se programrooster vir laataand-aktualiteitsprogramme aangebring word.
Aktueel Bettie Kemp 2016

Foto’s: Jurgen Marx


Enkele veranderings sal in April 2016 aan kykNET se programrooster vir laataand-aktualiteitsprogramme aangebring word.

Aanhangers van kykNET se gewilde laataand-aktualiteits- en -vermaaklikheidsprogramme sal egter bly wees om te hoor dat dieselfde aanbieders hulle op weeksaande op die hoogte sal hou oor nuus, politiek, sake, kuns, kultuur en mode.

Die geliefde Bettie Kemp en Riaan Cruywagen sal dus steeds op Maandae, Dinsdae en Donderdae, van 21:30 tot 22:00, die dag se belangrikste nuusgebeure in kykNET Verslag bespreek.


Foto: Jurgen Marx


Waldimar Pelser sal egter nie meer die uurlange Insig op Maandae van 22:00-23:00 aanbied nie. Insig word vanaf April deel van die nuwe uurlange kykNET Verslag in gesprek, Woensdae van 21:30 tot 22:30, waarin verskeie gaste met Waldimar oor aktuele sake sal gesels.

Aangesien Waldimar gedurende April oorsee is, sal Bettie Kemp hierdie nuwe kykNET Verslag-uitsending in sy afwesigheid aanbied.

Prontuit, met aanbieder Kabous Meiring, skuif in April van Woensdag na Maandag, van 22:00 tot 22:30. Die uitsaaitye van Winslyn, met Divan Botha, en Flits, aangebied deur Rozanne McKenzie en Bouwer Bosch, bly onveranderd.

Winslyn sal dus steeds op Dinsdae van 22:00 tot 22:30 en Flits op Donderdae van 22:00 tot 22:30 op die kassie wees. Ook Robinson, die insiggewende aktuele geselsprogram wat die gesoute Freek Robinson op Sondae aanbied, se uitsaaityd bly dieselfde – 19:30 tot 20:00.

Klik hier vir meer oor kykNET se laataand-aktualiteits- en -vermaaklikheidsprogramme.