25 suidooster about poster 320 x 480

Oor die program

’n Matriarg, haar twee dogters, kleinkinders en haar vriende. kykNET en kykNET & Kie se nuwe sepie vertel van die mense van Suidooster, ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ’n fiksionele voorstad in Kaapstad. Drie gesinne lewe en werk saam en deel noodwendig in mekaar se lief en leed. Mrs. J, ons matriarg, het twee dogters wat teenpole van mekaar is: Bridgette, die oudste suster, is ’n huisvrou en sosiale vlinder, terwyl Lee-Ann, wat die jongste is, eerder haar met die sentrum se sake bemoei. Bridgette is getroud met eiendomsmagnaat Ian October – ’n genadelose man wat alles in sy vermoë sal doen om die Octobers te laat seëvier. Die res van die gemeenskap word saamgestel uit die persone wat omsien na die Oos Wes-restaurant, die Aalwyn Apteek en Suidooster Eiendomme Bpk. Die Samsodiens, ons konserwatiewe Moslem-gesin, besit en bestuur die apteek in die Suidooster sentrum. Hulle lewens lyk aanvanklik perfek, maar in Suidooster is alles nie altyd soos dit voorgee om te wees nie. Dieselfde geld vir die Du Plooy's, wat om een of ander rede nie uit Ian October se houvas kan ontsnap nie. Dit gaan uiteindelik oor ons spesifieke families se vreugdes; vetes; twiste; liefdes; wraak en weerwraak; misverstande en jaloesië. Suidooster is universele mensestories wat kykers se harte sal aanraak.

Volgende Episode

S2 | E237
01 Maart 14:00

'S2/E237'. AB verras Michelle met sy toekomsplanne, maar sy het ander bekommernisse. Bianca is ontevrede met hoe Jerome sy ouers hanteer en Mymoena besluit om in Ismail se persoonlike lewe in te gryp.

Nuut

Suidooster: Soos net ’n ma kan

Mymoena troos nie net nie – sy gee ook nuwe hoop. Kyk hier na ’n teer oomblik tussen haar en Bianca.

28 screen shot 2016 11 21 at 9.39.57 am

Soortgelyke Programme

Met 'n Huppel In Die Stap

S2 | E3 @ 11:30

kykNET

Skole Top 10

S9 | E4 @ 14:30

kykNET

Kunsvlyt

S1 | E3 @ 15:30

kykNET

chatNOU!

S2 | E29 @ 16:50

kykNET NOU!

Safari 4x4-Roetes

S10 | E4 @ 17:30

kykNET

Binnelanders

S6 | E226 @ 19:30

kykNET

Die Top 20

S2 | E3 @ 20:30

kykNET NOU!

Phil 101

S1 | E3 @ 20:30

kykNET

Leef Jou Reis - Met Gerrie Pretorius

S5 | E3 @ 21:00

kykNET