Logo
Suidooster S9 Oct 2023 Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Suidooster: Gerwen word binnekort ma

Nuus
27 Februarie 2017
Gerwin Simon, Nicci October in Suidooster, verwag haar eersteling. Ons het met haar oor haar swangerskap gesels.
Suidooster_Gerwen

In Suidooster sukkel Nicci October maar met verhoudings en het sy ’n stormagtige tyd met Tim en Rhafiek agter die rug. Maar in die regte lewe is Gerwen Simon, wat Nicci speel, al jare gelukkig getroud met ’n Fransman, Ben Weinheimer, en dié paartjie verwag nou hul eersteling.

Gerwen, wat in Mei kraam, het met kykNET oor haar swangerskap gesels.

Waarna sien jy uit vir ma-wees?


Ek sien uit na die wonderlike reis van ouerskap saam met my man, Ben. Niks kan jou voorberei vir dit nie, maar ek is regtig baie opgewonde. Ek gaan my baba so baie soen terwyl hy/sy nog te klein is.

Wat is die belangrikste les wat jou ouers vir jou geleer het?


Respek vir jou medemens. Klein goed soos om te groet, asseblief en dankie sê, woorde wat lyk my verdwyn van ons daaglikse woordeskat. Ek wil dieselfde lesse aan my kinders oordra.

Wat is die lekkerste om swanger te wees?


Om bietjie meer van jou gunsteling kosse en lekkernye te kan eet sonder om skuldig te voel! Ek is mal oor my swangermaag ook en natuurlik om my baba te voel skop is die wonderlikste ervaring.

Wat is vir jou uitdagend om swanger te wees?


My liggaam se veranderinge. Ek kan nie meer beweeg en tekere gaan soos voorheen nie.

Enige vreemde “cravings”?


Pynappel en “sour worms”.

Hoeveel kinders sal julle graag wil hê?


Ideaal sal ek en Ben twee kinders wil hê.

Weens haar swangerskap, gaan Gerwen vir ’n ruk Suidooster groet en sal nog tot April in die sepie te sien wees. Daar wag ’n opwindende storielyn vir Nicci, so bly ingeskakel!

Suidooster is van Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET&kie.